HENTIES kwaliteit in die regte hoeveelheid
  • 13 Geure Vrugtesappe
  • Konsentrate, Stil en Gegeurde water nou ook beskikbaar
  • Nuwe Suiwel-sap reeks binnekort op die rakke!
Opvoedkundige uitstappies na die Henties fabriek
Ideaal vir skool/ tegnikon/ kollege groepe. Kom leer hoe word dit gedoen!
Kontak ons vir meer inligting.
Henties: die 100% Vrugtesap Maatskappy

Henties Juices Cape CC
Reg. Nr. 1997/026086/23
VAT Nr. 4150183079

Ons missie is om die markleier van kwaliteit 100% vrugtesappe in Suid-Afrika te word.

Ons Direkteure
Hentie de Wet
Hentie de Wet (Uitvoerende Direkteur)
Hentie de Wet
Maryke de Wet (Finansiële Bestuurder)
Hentie de Wet
Nico Burden (Operasionele Bestuurder)

Produksie

Henties FabriekAlle produksie word in die Henties fabriek in Saxenburg, Wes-Kaap gedoen en per trok na depots in George, Port Elizabeth, Pretoria en Kroonstad vervoer vir verspreiding in die onderskeie areas.

Die Henties fabriek voldoen aan die Regulasie R918 in die Gesondheidswet 1977 ten opsigte van die hantering van voedsel en alles wat daarmee gepaartgaan. Swift Micro Laboratories adviseer en doen kwartaalliks higiëne oudits om te verseker die produksie proses is veilig en sonder probleme. Al ons vrugte konsentraat voorskaffers is HACCP goedgekeur.

Die Henties perseel beskik oor kantoor spasie waar die administrasie van die maatskappy hanteer word. 'n Lokaal vir konferensie of opleidingsdoeleindes word gereeld gebruik om groepe uit die gemeenskap of opvoedkundige instansies in staat te stel om meer oor die produksie en botteleringsproses te leer.

Henties geskiedenis

Henties by HartenbosHenties Juices Cape CC is sedert 1998 in die bedryf met Hentie en Maryke de Wet en Nico Burden as bestuurders. Produksie het aanvanklik in Stellenbosch begin en twee geure sap is voorsien aan klein winkeltjies en kafees in Stellenbosch en in 'n paar winkelsentrums, bv. Tygervallei en N1 Stad.

Die aanvraag het vinnig gegroei en groter winkels het rakspasie aangebied. Dit het 'n groter produksie perseel genoodsaak en in 1999 verskuif Henties na 'n groter gebou in Stikland - wat vinnig ook te klein geword het!

Die intensiewe bemarking deur die 3 direkteure het tot gevolg gehad dat 'n kantoor en depot in George en later in Pretoria en Kroonstad oopgemaak is. Port Elizabeth is ook as verspreidingspunt bygevoeg. Produkte word nou al met die weskus langs, oor die hele Wes-Kaap, die Suid-Kaap, Karoo en Gauteng verkoop.

Sedert Julie 2006 word alle produksie in Saxenburg gedoen. Die aanleg is toegerus met die nuutste botteleringstegnologie en het genoeg stoorplek om te verseker dat daar in al die produksiebehoeftes voorsien word.