HENTIES kwaliteit in die regte hoeveelheid
  • 13 Geure Vrugtesappe
  • Konsentrate, Stil en Gegeurde water nou ook beskikbaar
  • Nuwe Suiwel-sap reeks binnekort op die rakke!
Opvoedkundige uitstappies na die Henties fabriek
Ideaal vir skool/ tegnikon/ kollege groepe. Kom leer hoe word dit gedoen!
Kontak ons vir meer inligting.
Welkom by Henties!

"Proe" gerus ons produkte reeks, wat binnekort nog 'n paar geure en kleure gaan by kry!

Die kliënte bladsy sal help indien jy belangstel om Henties te verkoop of te bestel - enige iets van 'n skool sportdag, sosiale geleentheid of sommer vir die kafee op die hoek... Ons lewer by jou af!

Besoek ons foto-gallery of klik om te sien waar jy ons volgende kan raak drink: ons is by feeste en vakansie oorde reg oor Suid-Afrika.

Meer inligting oor die gesondheids- en voedingsaspekte van ons produkte gaan binnekort beskikbaar wees, asook ons eie "celebs" bladsy. Kom kyk wat drink Breyton Paulse en Derick Hougaard!

Net so 'n bietjie meer oor ons... Henties Vrugtesappe het in November 1998 met produksie begin. Hentie en Maryke de Wet, saammet Nico Burden, het aanvanklik met twee sap geure die voelers in die mark ingesteek. En wat 'n sukses was dit nie! Sedertdien het Henties nog nie ophou groei nie. Ons is tans die grootste privaat familie sap maatskappy/ verspreider in Suid-Afrika en is besig met onderhandelings om in Namibië ook te kan versprei.

Wat laat ons uitstaan bo al die ander? Kwaliteit, natuurlik!